KWAZULU-NATAL. – Nege skoolkinders, tussen 15 en 18 jaar oud, is vanoggend beseer toe ’n bakkie waarin hulle gery het, voor 08:00 op die Cramond-pad in Pietermaritzburg omgeslaan het.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê drie kinders is ernstig beseer en ses het ligte beserings opgedoen. Die kinders is op die toneel gestabliliseer en na plaaslike hospitale vervoer.
Die oorsaak van die ongeluk word deur die owerhede ondersoek.





