Ses menslike koppe in pad in Mexico gekry

Lees ook :

Ses menslike koppe op pad gekry in Mexico fotokrediet: X

MEXICO. – Ses menslike koppe is gister in ’n pad tussen Puabla en Tlaxcala in Mexico gekry. Plaaslike owerhede het gesê die koppe is gevind op ’n roete wat Puebla en Tlaxcala met mekaar verbind.

Lees ook: 13 mense dood in aanval op moskee in Nigerië

Die polisie het nie gesê wat die motief vir die moord is en met watter misdadige bende in die gebied dit verbind kan word nie.

Plaaslike media het berig ’n kombers is op die toneel gelos met ’n waarskuwing aan ander bendes. Die waarskuwing is onderteken deur ‘n groep genaamd “La Barredora”, wat “die veër” beteken. Dit is dieselfde naam van ‘n groep wat uit Guerrero werk, maar die polisie het nie bevestig dat dit hulle is wat vir die aanval verantwoordelik was nie.

Die plaaslike aanklaer het gesê die koppe is dié van mans en dat die moorde ondersoek word.

Bronne: BBC, CNN, Times of India

Lees ook: 13 mense dood in aanval op moskee in Nigerië

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief