KROASIË. – ’n Kroatiese vryduiker het die Guinness-wêreldrekord gebreek nadat hy op 14 Junie 2025 vir 29 minute en 3 sekondes sy asem in ’n swembad opgehou het.
Lees ook: 13 mense dood in aanval op moskee in Nigerië
Vitomir Maričić het die vorige rekord met byna 5 minute gebreek. Volgens die Guinness World Records is dit amptelik die langste wat iemand gewilliglik hulle asem opgehou het.
Maričić het die rekord gebreek in ’n poging om die aandag op oseaanbewaring te vestig.
Bronne: Science Alert, Vice, Daily Mail





