13 mense dood in aanval op moskee in Nigerië

Lees ook :

13 mense dood ná aanval op moskee in Nigerië fotokrediet: X

NIGERIË. – Altesaam 13 mense is gisteroggend tydens oggendgebede dood toe gewapende verdagtes ’n moskee in Unguwan Mantau in Nigerië aangeval het.

Lees ook: Warm temperature vir verskeie provinsies tot volgende week voorspel

Die staatskommissaris, Nasir Mu’azu, het gesê die aanval was waarskynlik uit weerwraak omdat burgerlikes van Unguwan oor die naweek van die gewapende groep se lede ingewag en doodgemaak het. Mu’azu het gesê die burgerlikes het drie motorfietse, asook twee AK-47’s gevat en het slagoffers wat deur die groep ontvoer is in Ruwan Sanyi gered tydens die aanval.

Hy het gesê die weermag is daar om vrede in die gebied te herstel en het sy medelye uitgespreek teenoor die families van die slagoffers.

Bronne: DW – South Africa, Kanyidaily, TheCable

Lees ook: Warm temperature vir verskeie provinsies tot volgende week voorspel

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief