Soektog na vermistes ná vloede in Pakistan duur voort

Lees ook :

Soektog na vermistes ná vloede in Pakistan duur voort fotokrediet: X

PAKISTAN. – Reddingswerkers is steeds op soek na sowat 150 mense wat vermis word ná flitsvloede Noord-Pakistan die naweek getref het.

Lees ook: Verskeie mense steeds vermis ná flitsvloede in Kasjmir

Die dodetal het gister tot meer as 300 gestyg ná die naweek se swaar reën en oorstromings in Buner, Khyber Pakhtunkhwa.

Inwoners het gesê daar was geen waarskuwings vanaf luidsprekers by moskees oor die oorstromings nie, maar die regering het verduidelik die buitengewone swaar reën wat die flitsvloede en grondverskuiwings veroorsaak het, het te vinnig gekom en inwoners kon nie betyds gewaarsku word nie.

Die provinsiale hoofminister, Ali Amin Gandapur, het Sondag gesê baie van die sterftes kon verhoed gewees het as inwoners nie hulle huise naby die water gebou het nie en dat families aangemoedig sal word om na veiliger gebiede te verskuif.

Bronne: Euronews, PBS, CTV News

Lees ook: Verskeie mense steeds vermis ná flitsvloede in Kasjmir

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief