GAUTENG. – Die EFF het die uitspraak van die gelykheidshof op 27 Augustus verwerp wat Julius Malema skuldig bevind het aan haatspraak en aanhitsing tot geweld.
Die EFF het gesê die uitspraak is “’n ernstige verdraaiing van geskiedenis, filosofie en die aard van politieke toespraak in ’n demokratiese samelewing.”
Volgens die verklaring het die hof Malema se opmerkings van 2022 verkeerd vertolk as ’n direkte bevel tot geweld, terwyl dit volgens die EFF revolusionêre retoriek en metaforiese uitdrukkings was.
“Ons neem die hof se uitspraak waar as ’n aanval op die demokratiese ruimte en die reg om revolusionêre politiek te artikuleer. Die werklike geweld is die daaglikse werklikheid van grondloosheid, werkloosheid en rassisme wat swart mense verduur,” het die EFF gesê.
Die party het bevestig dat hulle die uitspraak in die Hoogste Hof van Appèl gaan beveg.
Lees die volledige verklaring hier onder:








