Jay du Plessis, Paulo Azevedo en Sean Else, oftewel EDEN, het soos hulle amptelike musiekvideo voorstel op ‘n “ouer” ouderdom ‘n splinternuwe treffer, genaamd Kom Klop Weer, vrygestel. Dit is goeie nuus vir dié voormalige SA boyband se aanhangers wat gesien het hoe elkeen van die sangers jare gelede hulle eie rigting ingeslaan het.
En dink jy die manne het nog die vermoë om die knieë lam te maak? Wel, kyk maar self hier onder. In die splinternuwe vrystelling kan jy kort-kort ‘n titel van vorige EDEN-gunstelinge opmerk.
Fanie Nel van die Coleske Groep sê nou, in 2025, is die legendariese klanke van EDEN weer terug. EDEN het die Afrikaanse musiekbedryf in 2000 by Aardklop betree toe hulle hul debuutalbum If uitgereik het. Hulle het in 2015 gegroet en nou het die groep, wat Nel as ikonies beskryf, byna 10 jaar later duisende aanhangers se wense waar gemaak, deur weer die verhoog te betree. Die oorspronklike viertal het uit Paulo Azevedo, Johan Vorster, Sean Els en Cornel Driessen bestaan. Gedurende 2003 het hulle die baanbrekersalbum Point of No Return vrygestel en die res was geskiedenis. Nadat Sean die groep verlaat het, het Jay, Paulo en Johan die groep voortgesit en albums soos EDEN (2006), Knieë Lam (2008) en Dekade (2010) opgelewer. Met die album Nooit Oud Raak Nie het hulle in 2015 amptelik afskeid geneem.
Hierdie keer het hulle as ‘n drietal Kom Klop Weer nie net betyds vir die naweek vrygestel nie, maar ook kort voor die Afrikaans is 100 Jaar Groot-konsert wat op 20 September in die DHL-stadion in Kaapstad plaasvind. Paulo sê: “Arnold het gevoel omdat Afrikaans vanjaar sy 100ste bestaansjaar vier, moet ons daardie nostalgie terugbring.”
“Sean het so ‘n belangrike rol in die beginjare van EDEN gespeel,” verduidelik Paulo. “Ons is almal amper in ons vyftigs en het gedink kom ons geniet dit net weer,” lag Sean. “Die lirieke speel slim met titels uit ons vorige treffers. Vir enige ou EDEN-aanhanger gaan dit soos ’n tydreis voel,” sê Jay oor Kom Klop Weer. “Dit begin in ’n ouetehuis waar ons stokoud is en eindig by Stoetbul waar ons soos altyd die lewe voluit leef,” verduidelik Paulo met ’n glimlag.
Wil jy die boy band se manne weer buiten die konsert in die DHL-stadion sien optree? Dan is 27 September jou gelukkige dag, Net ‘n week ná die Kaapstad-konsert bedank EDEN hulle ondersteuners met ‘n gratis optrede by Stoetbul in Petoria, as ‘n spesiale geskenk aan die lojale aanhangers oor die jare heen.
Nel sê Kom Klop Weer is deur Marco van Deventer, Georic Lomas, Paulo Azevedo en Bela Coleske geskryf. Die musiekvideo vir dié liedjie is deur Eric T Graham en Tehan Buys van ETC Creative vervaardig en vang nostalgie op ’n speelse manier vas. “Vir aanhangers beteken EDEN se terugkeer meer as net musiek, dit is ’n viering van herinneringe, vriendskap en die tydlose krag van Afrikaanse musiek.”
Kom Klop Weer kan hier op alle stroomdienste gekry word.


2 Responses
http://farmaciabesurica.com/# miglior farmacia online con sconti
classifica farmacie online: comprare medicinali online senza ricetta – comprare medicinali online senza ricetta