Brekende Nuus
Afrikaans

‘Beauty and the Bester” mag uitgesaai word

‘Beauty and the Bester” reeks kan uitgesaai word

fotokrediet: X
‘Beauty and the Bester” reeks kan uitgesaai word fotokrediet: X

PRETORIA. – Die Gautengse hooggeregshof het beslis dat die reeks “Beauty and the Bester” van vandag af uitgesaai mag word.

Lees ook: Bester-Magudumana-aansoek tot môre uitgestel

Thabo Bester en Nandipha Magudumana het met ‘n hofaansoek ‘n interdik probeer kry om te keer dat die Netflix-reeks uitgesaai word. Bester het gesê die reeks oortree sy regte en gaan sy verhoor beïnvloed. Magudumana het gesê die kontrak wat sy oor haar argiefmateriaal geteken het, was ongeldig.

Die hof het die paar se aansoek van die rol geskrap en beslis die reeks kan voortgaan.

Bronne: The Citizen, SABC, The South African

Lees ook: Bester-Magudumana-aansoek tot môre uitgestel