Ma’s gevonnis wat kinders dae lank alleen laat

Lees ook :

Foto: Ter illustrasie Canva

VRYSTAAT. – Twee ma’s is deur die Bloemfontein-landdroshof in twee afsonderlike sake vir kinderverwaarlosing gevonnis.

Sers. Sinah Mpakane, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring in die eerste saak is vier kinders, onderskeidelik 3, 4, 12 en 15 verwaarloos, honger en alleen in ‘n huis aangetref. ‘n Bekommerde familielid het na vore gekom om die kinders te versorg.

In die tweede saak het ‘n onderwyser ‘n leerling in ‘n verwaarloosde toestand by die skool opgemerk. Die kind het gesê hy en sy sibbe, 2 en 5 jaar oud, was reeds dae alleen. Die verhuurder het bevestig die ma verdwyn soms vir lang tye.

Elk van die ma’s is vyf jaar tronkstraf, in geheel vir drie jaar opgeskort, gevonnis. Hulle is ook onbevoeg verklaar om met kinders te werk.

Mpakane sê die hoop en geregtigheid wat aan die jong slagoffers gebring word, is te danke aan die Mangaung-eenheid vir gemeenskapsveiligheid, kinderbeskerming en seksuele misdaad (GKS) se ondersoekwerk.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief