WES-KAAP. – ‘n Volwassene en ‘n kind het Donderdagoggend in ‘n ongeluk op die Bottelarypad, Stellenbosch, gesterf.
Titanium Securitas sê in ‘n sosialemediaplasing die diens is kort ná 09:00 die oggend van die ernstige ongeluk verwittig. Met die Titanium Securitas Medical Response se aankoms op die toneel is die voertuig langs die pad gekry. Die volwassene en kind is dood aangetref, terwyl nog twee insittendes geringe beserings opgedoen het.
Plaaslike owerhede was op die toneel en die ongeluk word ondersoek.





