KWAZULU-NATAL. – Altesaam 15 persone is vanoggend (Dinsdag) beseer toe ’n bakkie wat skoliere vervoer en ’n motor omstreeks 06:00 in Southstraat, Vryheid, gebots het.
Craig Botha van KwaZulu Private Ambulance Service sê die bakkie het skoolkinders tussen 8 en 18 jaar oud vervoer. Die bakkie het teen die kant van die motor gebots.
Nooddienste het verskeie beseerdes onmiddellik op die toneel behandel. Drie het ernstige beserings opgedoen en is met dringendheid hospitaal toe gehaas, terwyl 12 beseerdes ligter beserings opgedoen het. Al die beseerdes is vir verdere behandeling na ‘n plaaslike mediese fasiliteite geneem.
Botha sê de oorsaak van die botsing word tans deur die owerhede ondersoek. Geen verdere besonderhede is in hierdie stadium beskikbaar nie.





