VK. – Sewe liefdadigheidsorganisasies het Sarah Ferguson verwyder nadat ‘n e-pos van 2011 aan Jeffrey Epstein waarin sy hom ‘n “’supreme’ friend” noem en verskoning vra dat haar kritiek van hom openbaar gemaak is.
Lees ook: Epstein-slagoffers wil eie lys opstel
Juliu’s House, die Teenage Cancer Trust, Natasha Allergy Research Foundation, Children’s Literacy Charity, National Foundation for Retired Service Animals en Prevent Breast Cancer het haar almal verwyder as ‘n skenker. Die British Heart Foundation het haar as hulle ambassadeur verwyder.
‘n Woordvoerder vir Ferguson het gesê die e-pos waarin sy om verskoning vra vir haar openbare kritiek en verwerping van Epstein en hom ‘n “’supreme’ friend” noem, is gestuur, want hy het gedreig om haar te dagvaar vir naamskending.
Die woordvoerder het gesê Ferguson is steeds spyt oor enige assosiasie met hom.
Bronne: BBC, The Independent, Town & Country Magazine
Lees ook: Epstein-slagoffers wil eie lys opstel





