INTERNASIONAAL. – Die Delta-lugredery vervang enjinonderdele op meer as 300 Airbus-vliegtuie nadat passasiers en bemanning ondermeer breinbeserings opgedoen het weens lekkasies van giftige stowwe.
Lees ook: Mandla Mandela veroordeel hommeltuigaanval op Gasa-flottielje
‘n Element wat ontwerp is sodat die lug wat jy inasem deur die enjin ingetrek word, gebruik warm lug van die enjins om funksies soos kajuitdruk, lugverkoeling en anti-ys te beheer. Wanneer die enjins af is, voorsien ‘n hulpkragbron elektrisiteit en lug aan die kajuit en lekkasies in die hulpkragbron kan die giftige stowwe by die kajuit inpomp, selfs wanneer dit af is.
Die lekkasie kan breinskade veroorsaak en het al tot noodlandings, siek passasiers, die aantas van vlieëniers se sig en hulle reaksietye, gelei.
Delta het gesê die vervanging van die onderdele is byna voltooi en dat die vliegtuie vervaardig is met “alle relevante lugwaardigheidsvereistes”.
Bronne: The Independent, New York Post, inkl
Lees ook: Mandla Mandela veroordeel hommeltuigaanval op Gasa-flottielje





