Die Suid-Afrikaanse Gesondheidsproduktebeheerraad (Sahpra) het amptelik die antivirale middel Lenacapavir teen MIV-1-infeksie vir gebruik geregistreer. Lenacapavir word aan volwassenes en adolessente van minstens 35 kg toegedien.
Die aansoek deur Gilead is in Maart 2025 ingedien en is hersien in samewerking met die European Medicines for All-prosedure (EU-M4all), wat wetenskaplike inligting oor hoëprioriteitsmiddels vir markte buite die EU verskaf en toegang tot noodsaaklike medisyne bespoedig.
Lenacapavir word as ’n sesmaandelikse inspuiting toegedien, met ’n inisiële onderhuidse inspuiting en tablette op dag 1 en 2. Dit verminder die risiko van MIV by mense wat aan die virus blootgestel kan word en moet altyd saam met veiliger seksuele praktyke gebruik word.
Druk hier om meer te lees.

