Epstein, Maxwell en Weinstein het prins Andrew by Royal Lodge besoek

Lees ook :

Jeffrey Epstein, Ghislaine Maxwell en Harvey Weinstein het prins Andrew by Royal Lodge besoek fotokrediet: X

VK. – Jeffrey Epstein, Ghislaine Maxwell en Harvey Weinstein het in 2006 prins Andrew se privaat woning, die Royal Lodge, by die Windsor-kasteel besoek. Dit was nie voorheen bekend dat die trio die prins in sy private woonplek besoek het nie.

Lees ook: Memoir van Virginia Giuffre beskuldig prins Andrew van seksuele misdrywe

Epstein, Maxwell en Weinstein was daar om prinses Beatrice se 18de verjaardag met ‘n maskerbal te vier, sowat agt dae voor Epstein in hegtenis geneem is.

Volgens ‘n berig in The Independent is die besoek gebring twee maande ná die inhegtenisneminglasbrief vir Epstein vir die seksuele aanranding van ‘n minderjarige uitgereik is. Epstein is agt dae ná die maskerbal in hegtenis geneem.

Prins Andrew het in 2019 aan BBC Newsnight gesê hy “het nie geweet” van Epstein se lasbrief toe hy vir die partytjie genooi is nie.

Bronne: BBC, Metro, The Independent

Lees ook: Memoir van Virginia Giuffre beskuldig prins Andrew van seksuele misdrywe

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief