MPUMALANGA. – Die Leslie-polisie ondersoek die moord op ‘n man (40) wat Dinsdag dood op die agtersitplek van sy voertuig aangetref is. Die man is na bewering met ’n skerp voorwerp gesteek en verwurg.
Lt.kol. Jabu Ndubane, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring volgens ‘n voorlopige verslag is die ontstellende ontdekking deur die slagoffer se vriendin gemaak, wat haar onmiddellik na die polisiestasie gehaas het om die voorval aan te meld. Polisiebeamptes is na die toneel waar die liggaam van die man, met sy hande en voete vasgebind, gekry is. Nooddienste het hom op die toneel dood verklaar.
Die polisie ondersoek ‘n saak van moord en kaping. Enigiemand met relevante inligting word gevra om speur.AO Joshua Zondo by 082 353 8873 te bel.





