VRYSTAAT. – Onkarabetse Leeuw (5), wat Saterdag deur sy ma as vermis aangemeld is, se liggaam is Woensdag ná 16:00 onder ‘n kartonboks deur die polisie ontdek. ‘n Tannie (29) van die kind is deur die polisie in hegtenis geneem.
Lt.kol. Thabo Covane, polisiewoordvoerder, sê in ‘n verklaring die kind se liggaam is onder ‘n kartonboks in digte bosse aan die suidelike buitewyke van Glen- administratiewe gebied ontdek.
Die Glen-polisiekantoor ondersoek ‘n saak van ontvoering en moord. Die tannie van die kind sal na verwagting binnekort in die Bloemfontein-landdroshof voorkom.





