Canal Walk Inkopiesentrum in Century City Kaapstad het ʼn nuwe toevoeging gekry en pryk met die eerste Hisense SA (Suid-Afrika) handelwinkel in Suid-Afrika.
Tydens ʼn glans bekendstellings geleentheid op 12 November 2025 het Hisense SA met trots sy eerste handelwinkel in Suid-Afrika bekend gestel. Hiermee plaas Hisense SA ook klem op sy 29-jarige reis in Suid-Afrika. Hisense SA se missie is om die nuutste tegnologie meer toeganklik te maak vir die Suid-Afrikaanse verbruiker en om die gemeenskap van beter geleenthede te verseker.
Gaste het die winkel en produkte verken en is bederf met versnaperinge. Robo-Dog, ʼn KI-gedrewe hond het gesorg vir ʼn vermaaklike vertoning. Robo-Dog kan verskeie opdragte uitvoer en het tydens sy vertoning ʼn luide applous ontvang.
Hisense SA se plaaslike fabriek is in Atlantis, binne die Atlantis Spesiale Ekonomiese Sone geleë en het onlangs sy 11de bestaansjaar gevier. Hier word ʼn wye reeks Hisense-televisies en huishoudelike toestelle vir sowel die plaaslike as uitvoermarkte vervaardig. Beide plaaslike en uitvoermarkte toon goeie groei en het Hisense as die tweede grootste TV-handelsnaam gevestig.
Die aanleg in Atlantis bied tans werk aan meer as ʼn duisend Suid-Afrikaners. In September vanjaar het die aanleg ook ʼn betaalde leerlingskap program aangekondig ten bate van jongmense uit Atlantis. Jongmense sal loopbaan ontwikkelingsgeleenthede en praktiese ervaring oor die volgende jaar gebied word. Hisense SA ondersteun die gemeenskap met verskeie hulpfonds projekte en die opening van die eerste handel winkel bevoordeel nie net die verbruiker nie sê Adjunk-hoofbestuurder Luna Nortjé.
“Hierdie winkel gee klante die geleentheid om plaaslik vervaardigde gehalte van naby te ervaar, terwyl hulle ʼn waardeketting ondersteun wat werk skep en vaardighede hier by die huis oordra.”
Hisense SA in samewerking met Hirch’s
Suid-Afrika se leier in die kleinhandel van toestelle en elektronika, Hirsch’s, sal die bedrywighede by die Hisense winkel bestuur. Kliënte kan dieselfde professionele diens en vaardighede verwag wat Hirsch’s ʼn huishoudelike naam in Suid-Afrika gemaak het.
“Ons is ongelooflik trots daarop dat Hisense ons gekies het om hierdie vlagskipwinkel te bestuur,” se Hirsch’s se uitvoerende hoof, Richard Hirsch Hy gaan voort om te sê dat hulle uitsien daarna om kliënte te verwelkom om die nuutste Hisense-innovasies te ervaar. “Alles word ondersteun deur die betroubare, ouwêreldse Hirsch’s-diens wat ons kopers ken en liefhet, saam met die voordele van Swart Vrydag-aanbiedinge en die Hirsch’s-Lojaliteitskaart,” het hy ten slotte gesê.


Canal Walk handelwinkel in tyd vir Swart Vrydag
“Kopers sal eksklusiewe in-winkel promosies, interaktiewe produk demonstrasies en ʼn eerste kykie na Hisense SA se nuutste premium reeks plaaslik vervaardigde tegnologie geniet,” sê Nortje. Sy voeg by dat dit Afrika se grootste televisie, die 116 UX, wat met trots vervaardig in Atlantis vervaardig word, insluit.
Die vlagskipwinkel in Canal Walk bied ʼn ruimte waar kliënte die geleentheid het om die handelsmerk se mees gevorderde skeppings te verken en te toets. Dit sluit yskaste wat deur KI aangedryf word, slim huishoudelike toestelle premium 4K- en Mini-LED-televisies wat vir mededingende speletjies gebruik kan word.



Ten slotte
Die Canal Walk tak word bestuur deur of Julian Cupido en Tsepo Rankutu en bring Hisense SA se produkte direk na die verbruiker.
“Van ons Atlantis-fabriek tot ons nuwe vlagskipwinkel by Canal Walk en nou die Tevolution-museum, bou Hisense meer as net ʼn handelsmerk. Hisense bou ʼn nalatenskap van toeganklike innovasie,” het Nortje gesê en ten slotte bygevoeg, “Elke mylpaal wat ons bereik weerspieël ons oortuiging dat Suid-Afrika nie net die wêreld se beste tegnologie verdien nie, maar ook die geleentheid om dit self te skep.”
Tydens die opening van die Canal Walk Hisense tak is Hisense as se vennootskap met Fifa wêreldbeker 2025 aangekondig.

