EMPD-woordvoerder terug in pos

Lees ook :

Foto: City of Ekurhuleni

GAUTENG. – Lt.kol. Kelebogile Thepa is terug in die pos as hoof van die Ekurhuleni-metropolisie se eenheid vir media- en openbare betrekkinge ((EMPD). Die stad neem wel kennis daarvan dat kwessies oor die EMPD en sy kommunikasiepraktyke in getuienis voor die Madlanga-kommissie na vore gekom het.

Die stad sê in ‘n verklaring die herstel van die media-eenheid en die terugplaas van Thepa is ’n administratiewe en bestuursingryping en bepaal nie die kommissie se bevindinge of enige lopende arbeidsprosesse vooruit nie. Luidens die verklaring sal die herstelde eenheid medianavrae, verklarings en onderhoudversoeke oor EMPD-werk koördineer, openbare inligtings- en veiligheidsveldtogte ondersteun, saamwerk met die stad se departement van kommunikasie, asook bemarking en toerisme om konsekwente inligting te verseker en die stad se kapasiteit vir kommunikasie tydens krisisse versterk.

Stadsbestuurder Kagiso Lerutla het gesê die stap bevorder deursigtigheid en aanspreeklikheid in die EMPD. Die eenheid sal operasioneel word wanneer die implementeringsplan voltooi is.

Druk hier om meer te lees.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief