Samesprekings om Rusland-Oekraïne-oorlog te beëindig, duur voort

Lees ook :

INTERNASIONAAL. – Die samesprekings tussen die VSA en Oekraïne om ‘n vredeooreenkoms met Rusland te bereik, duur voort.

Lees ook: Vredesamesprekings in Rusland gaan vandag voort

Die Oekraïense president, Wolodimir Zelenski, en sy onderhandelaar, Rustem Umerov, het die VSA se onderhandelaar, Steve Witkoff, en Jared Kushner ontmoet om die vredesplan te bespreek.

Zelenski het voor gister se samesprekings gesê hy sal sy ambisies om by Nato aan te sluit laat vaar in ruil vir veiligheidswaarborge.

Hy het gesê hy is nie bereid om sy troepe te laat onttrek uit Donbas tensy Rusland ook onttrek nie.

Bronne: BBC, DW, NBC News

Lees ook: Vredesamesprekings in Rusland gaan vandag voort

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief