Die Wildernis-soek-en-redding (WSAR) van die Wes-Kaap het stappers gewaarsku om versigtig te wees ná verskeie insidente op Leeukop verlede week.
Lees ook: Warm, ongemaklike weer vir Noord-Kaap en Wes-Kaap voorspel
‘n Duitste toeris het Donderdag op sy terugtog van die berg af geval en is op die toneel dood verklaar.
‘n 65-jarige Briste toeris het Vrydag skielik begin siek voel en is deur paramedici behandel. Sy is daarna met die Wes-Kaapse regering se EMS-reddingshelikopter na ‘n landingsone gevlieg vir verdere sorg.
Later die dag is ‘n tiener en haar ouers deur redders bygestaan nadat sy naarheid ondervind het.
WSAR Wes-Kaap het gewaarsku die staproetes op Leeukop en die res van Tafelberg gaan besig wees die res van die feesseisoen en dat moegheid, los grond, hitte en blootstelling gaan toeneem.
Stappers word gevra om geduldig en respekvol teenoor mede-stappers te wees, ruimte toe te laat vir ander om veilig verby te gaan, geen kortpaaie te neem nie, meer water te dra as wat jy dink jy het nodig, gemaklike klere te dra en terug te draai as jy siek voel. Stappers moet vroeg begin stap en aktiwiteite tydens die warmste tyd van die dag vermy. Die nommer om in geval van nood te bel, is 021-9370300.
Bron: Wilderness Search and Rescue Western Cape
Lees ook: Warm, ongemaklike weer vir Noord-Kaap en Wes-Kaap voorspel





