Skoliervervoerbestuurder tronk toe nadat 6 leerlinge sterf

Lees ook :

Foto: FiND iT

WES-KAAP. – Mninikhaya Mvuli is deur die Mitchells Plein-streekhof op ses aanklagte van strafbare manslag skuldig bevind en effektief tot vyf jaar tronkstraf gevonnis. Mvuli het op 30 Mei 2023 ‘n bakkie met leerlinge in AZ Berman-rylaan vervoer toe ses leerlinge tussen 7 en 14 jaar oud in ‘n ongeluk gesterf het.

Eric Ntabazalila, NVG-woordvoerder, sê Mvuli se rybewys is ook vir tien jaar gekanselleer. In die hof is bevind hy het nalatig bestuur toe hy leerlinge op die betrokke dag in die bakkie in die Mitchells Plain-gebied vervoer het. Die voertuig het teen ’n boom en verkeersligte gebots, teen ‘n verkeerseiland op beweeg en daarna met ’n bus gebots.

Die hof het gehoor Mvuli is in 2022 met aanvalle gediagnoseer en medikasie voorgeskryf, waarna dokters hom verbied het om te bestuur. In Junie 2024 het ’n dokter geweier om hom vir ’n professionele bestuurderspermit (PDP) goed te keur weens die moontlikheid van aanvalle. Die hof het bevind hy het dié waarskuwings geïgnoreer en steeds kinders teen betaling vervoer. Die staat het onder meer ’n spoedverslag ingedien wat wys die voertuig het 101 km/h gery. Getuies het getuig dat leerders uit die voertuig geslinger is tydens die botsing.

Mvuli het onskuldig gepleit en aan die hof voorgehou dat hy tydens die betrokke dag sy bewussyn agter die stuurwiel verloor het.

Die hof het beslis Mvuli is skuldig aan growwe nalatigheid. Hy is tot nege jaar tronkstraf gevonnis, waarvan vier jaar vir vyf jaar opgeskort is op voorwaarde dat hy nie weer aan strafbare manslag met ’n motorvoertuig skuldig bevind word nie. Hy is ook onbevoeg verklaar om ’n vuurwapen te besit en mag tot 2036 nie bestuur nie.

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief