LIMPOPO. – Sipho Dlamini (30) het Maandag op ‘n aanklag van die besit van ‘n vermoedelik gesteelde Toyota Land Cruiser V8, ter waarde van ongeveer R1,9 m., in die Modimolle-landdroshof verskyn.
Kol. Malesela Ledwaba, polisiewoordvoerder, sê die beskuldigde bly tot ‘n formele borgtogaansoek op 6 Maart in aanhouding. Die inhegtenisneming spruit uit ’n geteikende operasie deur lede van die Waterberg-blitspatrollie, saam met Modimolle- en Mahwelereng-misdaadvoorkomingseenhede.
Inligting van die grys luuksevoertuig is van ‘n opsporingsmaatskappy ontvang. Die voertuig met ‘n Gauteng-registrasienommer is gedurende Februarie in Bedfordview as gesteel aangemeld en was glo op die N1 onderweg na Limpopo. Beamptes het die voertuig buite Modimolle onderskep en ná verdere ondersoek bevestig dat dit inderdaad as gesteel gesirkuleer is. Die bestuurder is op die toneel in hegtenis geneem en daar is op die voertuig beslag gelê.
Die ondersoek duur voort.






2 Responses
I like this blog very much, Its a very nice berth to read and incur information.
I really like forgathering useful info, this post has got me even more info! .