KYK: Helen Zille baljaar in ‘nuwe swembad’ in woonbuurt

Lees ook :

Foto's en video-opname: Helen Zille

Video-opname en foto’s in berig.

GAUTENG. – Helen Zille het Saterdag die publiek in Douglasdale in Johannesburg vermaak deur in ‘n “snorkelpoel” van omtrent drie jaar te baljaar en ook rugslag te swem. ‘n Video daarvan is Maandag deur Zille op sosiale media gedeel, waarna sy Dinsdag bevestig het dat spanne die terrein besoek het en dat die betrokke pad weer oorgeteer sal word. Sy hou vol dat infrastruktuurprobleme soos hierdie dringend aandag moet kry.

Zille is die DA se burgemeesterskandidaat vir Johannesburg. Sy sê daar is glo reeds verskeie kere probeer om die betrokke gat te herstel, maar buite kantoorure, sodat oortyd geëis kon word. Die probleem het egter net groter geraak omdat “herstelwerk” ook al die pype beskadig het. Die probleem vererger deur water wat aanhoudend uit pype lek, wat veroorsaak dat die padoppervlak verswak en gate al groter word. Sy het gesê die situasie raak só erg dat sommige areas soos “swembaddens” begin lyk. Die groeiende probleem veroorsaak dat inwoners sukkel om hul erwe te verlaat.

In die video wat wyd reaksie ontlok het, wys Zille, met swemklere aan, dié “openbare swemfasiliteit” wat volgens haar geen duidelike openingstye of instandhoudingsplan het nie, maar tog aanhou uitbrei weens die waterprobleme. Sy het ook tong-in-die-kies opgemerk dat sy dit oorweeg om vir die Statebondspele in te skryf, aangesien daar glo “nuwe swembaddens” oral in die stad ontstaan.

“This is one of Joburg’s many public facilities for swimming. No opening hours and no maintenance plan, yet somehow it keeps expanding… Die video is op die 30ste op sosiale media gedeel en gister het Zille gesê: Teams were on site today and I was informed that the road will be resurfaced.”

“I’ve seen the calls for me to enter the Commonwealth Games this year. My team and I will certainly give it some thought. In the meantime, I’ll be training right here in Johannesburg, with all the new pools opening up across the city every week. “

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief