Kommentaar: Jhandré Bredenkamp, Rugby-adviseur, Nuusflits
Net toe dit lyk of die Stormers die All Blacks tot in die laaste minute gaan vaspen, het die besoekers weer gewys hoe gevaarlik hulle kan wees.
Met sowat 15 minute oor was die twee spanne nog gelykop en die Stormers presies waar hulle wou wees, binne trefafstand en met ’n werklike kans om die wedstryd laat te steel.
Toe kom die All Blacks se kragspel.
Hulle het die Stormers eenvoudig teruggedruk, momentum opgebou en uiteindelik die drie gaan druk om ’n voorsprong van sewe punte te neem.
Met ongeveer 12 minute oor is die wedstryd nog nie verby nie, maar die Stormers se taak het nou aansienlik moeiliker geword. Hulle moet weer momentum vind en sal waarskynlik minstens een groot geleentheid moet benut om terug in die wedstryd te kom.
Die situasie word verder bemoeilik deurdat die Stormers tans sonder ’n erkende skrumskakel op die veld moet klaarkom, wat beteken hulle sal vir ’n tydperk hulle spel moet aanpas.
Hulle was ’n paar minute gelede nog heeltemal in hierdie wedstryd. Nou gaan ons sien of hulle nog een keer kan terugveg.




