Joré in trane toe skoolleierskapdroom waar word

Lees ook :

Foto: Carla van der Watt by Pietersburg Hoërskool bemarkingsafdeling

LIMPOPO. – Trane het oor Joré Benade (16) se wange gerol toe sy by Hoërskool Pietersburg as een van die skool se nuwe leiers aangewys is. Die gr.11-leerling het uiteindelik die posisie gekry waarvan sy sedert gr. 8 droom – onderhoofmeisie met kultuur as portefeulje.

Die Pietie vertel: “”’n Deel van my wou nog altyd hoofmeisie gewees het, maar my droom was nog altyd onderhoofmeisie.” Joré sê sy het gespanne gewag terwyl die name van die nuwe leiers gelees is. Toe haar naam nie as hoofmeisie aangekondig is nie, was sy verlig, omdat sy besef het dit is nie wat sy wou doen nie. Maar sy sê sy het steeds nie geweet of sy onderhoofmeisie sou wees nie. “Toe hulle my naam lees, was dit soos ’n groot gewig van verligting wat my liggaam verlaat het. Ek het sommer lig gevoel,” sê sy.

Sy het probeer om haar trane in te hou toe sy vorentoe stap en hoor dat kultuur ook aan haar toevertrou is. Toe sy egter haar ouers, Jolande en Erhard Benade, op die verhoog sien, kon sy haar emosies nie meer beteuel nie. “Toe besef ek eers dat ek alles gekry het waarvoor ek al van kleins af gedroom het.”

Joré se ma het op 13 Augustus oor haar dogter se droom geskryf. In gr.8 het Joré gesê sy wil eendag onderhoofmeisie wees met sport as haar portefeulje. Teen gr.11 het haar droom na kultuur verskuif. Joré was in 2025 Kultuurdogter en Sportdogter van die Jaar en sien daarna uit om kultuur by die skool te bevorder en met haar kultuurgroep te werk. Die nuwe leiers het intussen die Pietieraadkamp 2026/27 bygewoon, waar hulle aan leierskapontwikkeling, nuwe idees en spanbou gewerk het.

Joré droom daarvan om eendag haar eie onderneming in ’n kreatiewe rigting te begin, hoewel sy nog nie presies weet wat dit sal wees nie.

Joré Benade, Hoërskool Pietersburg, Polokwane, Pieties, skoolleiers, kultuur, leierskap

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief