JOHANNESBURG. Die Springbokafrigter, Rassie Erasmus, het die span bekendgemaak wat vandag, 22 Augustus, om 17:10 op Ellispark in Johannesburg teen die All Blacks te staan kom.
Pieter-Steph du Toit sal as kaptein in Siya Kolisi se afwesigheid optree. Damian de Allende speel sy 100ste toets vir Suid-Afrika, wat hom die tiende speler in die geskiedenis maak om dié mylpaal te bereik.
Die beginspan
- 15 Damian Willemse
- 14 Cheslin Kolbe
- 13 Jesse Kriel
- 12 Damian de Allende
- 11 Kurt-Lee Arendse
- 10 Sacha Feinberg-Mngomezulu
- 9 Grant Williams
- 8 Jasper Wiese
- 7 Pieter-Steph du Toit (k)
- 6 Paul de Villiers
- 5 Ruan Nortje
- 4 Eben Etzebeth
- 3 Wilco Louw
- 2 Malcolm Marx
- 1 Ox Nche
Op die plaasvervangersbank
- 16 Jan-Hendrik Wessels
- 17 Gerhard Steenekamp
- 18 Zachary Porthen
- 19 Cobus Wiese
- 20 Andre Esterhuizen
- 21 Marco van Staden
- 22 Cobus Reinach
- 23 Manie Libbok
Feinberg-Mngomezulu en Etzebeth is die enigste twee spelers in die beginspan wat ook in die onlangse toets teen Argentinië begin het.
Wilco Louw is gekies om as vaskopstut te begin, terwyl Thomas du Toit nie in die wedstryd-23 opgeneem is nie.
Siya Kolisi het gedurende die week geoefen, maar Erasmus het besluit om ’n versigtige benadering met sy terugkeer te volg. Paul de Villiers begin daarom op flank.
Ox Nche is intussen fiks verklaar en begin op loskopstut.
Will Jordan, Damian McKenzie en Cam Roigard het betyds van beseringskwessies herstel en is almal in die Nieu-Seelandse beginspan.
De Allende se 100ste toets is een van die groot mylpale van die kragmeting tussen die twee rugbyreuse.
Foto: Die Springbokke se Facebook-blad
Bronne: SA Rugby, RugbyPass, Planet Rugby





