NOORDWES. – Die twee verdagtes wat van die moord op en roof van Johanna van Zyl (55) van Doornpan-plaas buite Ottosdal beskukdig word, het vroeër vandag in die Bloemhof- periodieke hof verskyn. Die saak is uitgestel en hulle bly in aanhouding.
Sers. Kelebogile Morake, polisiewoordvoerder, sê Martin Boitumelo Mosime (28) en Moleko Sekwaage (29), albei Suid-Afrikaanse burgers, staan tereg op aanklagte van moord en roof. Die saak is tot 15 Oktober uitgestel wanneer hulle formeel om borgtog sal aansoek doen. Die twee verdagtes bly tot hul volgende hofverskyning in aanhouding.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: