Smokkelsigarette ter waarde van R2 m. onderskep

Lees ook :

Foto: SAPD

SUID-AFRIKA. – Twee mans van 23 en 35 jaar oud, is Vrydag in hegtenis geneem nadat die polisie onwettige sigarette ter waarde van byna R2 miljoen in ’n vragmotor by die Groblersbrug-grenspos in die Waterbergdistrik ontdek het. Die sigarette was onder ’n vrag steenkool versteek.

Lede van Grenspolisie en Doeane het omstreeks 11:00 op Vrydag 21 Augustus ’n wenk ontvang dat ’n vragmotor moontlik onwettige sigarette deur die hawe gaan probeer smokkel.

Toe die vragmotor by die hawe aankom, is dit onderskep en aan ‘n eerste ondersoek onderwerp. Die voertuig is na ’n aparte area geneem waar dit deeglik deursoek is.

Nadat die steenkool afgelaai is, het die polisie sakke met kartonne sigarette onder die vrag ontdek. Altesaam 4 800 kartonne is gekonfiskeer, waarvan 4 050 Remington Gold-sigarette en 750 kartonne Swan-sigarette was. Die vonds word op R1 996 800 geraam.

Die polisie het ook die vragmotor self, ’n wit-en-rooi internasionale trok met twee Tubmaster-sleepwaens aangeheg, in beslag geneem. Dié voertuie se gesamentlike waarde word op R854 250 geskat.

Die twee verdagtes, albei Zimbabwiese burgers, sal Maandag in die Phalala-landdroshof op ’n aanklag wat met sigaretsmokkelary verband hou, verskyn.

Die Limpopo-polisiekommissaris, lt.genl. Jan Scheepers, het die optrede van sy lede geprys en gesê dit wys hoe belangrik samewerking tussen wetstoepassingsagentskappe by die land se grensposte is om georganiseerde misdaad te bekamp.

Die polisie-ondersoek duur voort.

Bron: SAPD (persverklaring)

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief