DUBAI. – ’n Brand het op ’n Koeweitse olietenkskip uitgebreek nadat dit glo deur Iran aangeval is terwyl dit in die ankergebied van die hawe in Dubai in die Verenigde Arabiese Emirate gelê het.
Volgens die staatsnuusagentskap KUNA, wat Koeweit se staatsbeheerde oliemaatskappy aanhaal, is die reuse-ruolie-tenkskip aan ’n “direkte en kwaadwillige” aanval deur Iran onderwerp.
Die Kuwait Petroleum Corporation (KPC) het bevestig dat die skip ten tyde van die aanval vol gelaai was en gewaarsku dat daar ’n moontlike olielek in die omliggende waters kan wees.
KPC het verder gesê dat die aanval die romp van die skip beskadig en ’n brand aan boord veroorsaak het. Geen beserings of sterftes is egter aangemeld nie.
Bronne: India.com, NDTV
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: