Brekende Nuus
Afrikaans

Andy se pa van ‘The Breakfast Club’ oorlede

Andy se pa van 'The Breakfast Club' oorlede

fotokrediet: X
Andy se pa van 'The Breakfast Club' oorlede fotokrediet: X

CHICAGO, VSA. – Die bekende akteur Ron Dean (87) is Sondag in ‘n hospitaal in Chicago, VSA, oorlede.

Lees ook: Skrywer Jilly Cooper (88) oorlede

Sy lewensmaat, Maggie Neff, het Woensdag Dean se dood bevestig. Die oorsaak van sy dood is nog onbekend, maar Neff het gesê hy het lank teen ‘n siekte baklei.

Dean was bekend vir sy rolle in onder andere Risky Business, Risky Business, The Fugitive, The Client en The Breakfast Club. Hy het gereeld die rol van polisiebeampte in sy lang loopbaan vertolk. Een van sy eerste rolle was as ‘n speurder in Risky Business in 1983.

Bronne: New York Post, Metro, Express

Lees ook: Skrywer Jilly Cooper (88) oorlede