Brekende Nuus
Afrikaans

Verskeie webtuistes en toepassings af weens probleme by Amazon Web Services

Verskeie webtuistes en toepe af weens probleme by Amazon Web Services

fotokrediet: X
Verskeie webtuistes en toepe af weens probleme by Amazon Web Services fotokrediet: X

VSA. – Verskeie webtuistes en toeps is af weens ‘n onderbreking by die wolkdienseenheid Amazon Web Services in die VSA. Verskeie webtuistes insluitend Amazon, Snapchat, Roblox, Fortnite en Canva was vanoggend in ‘n wêreldwye internetonderbreking af.

Lees ook: CrowdStrike word gedagvaar na internetonderbreking

Webtuistes wat beïnvloed is, sluit in: Snapchat, Slack, Signal, Tinder, Ring, Roblox, Clash Royale, Life360, My Fitness Pal, Xero, Canva, Amazon, Amazon Music, Prime Video, Clash of Clans, Fortnite, Wordle, Duolingo, Coinbase, HMRC, Vodafone, PlayStation, Pokémon Go.

Amazon Web Services het gesê die probleem wat die onderbreking veroorsaak het, is opgelos en dat dit werk om die digitale dienste ten volle te herstel.

Die maatskappy het gesê daar was verskeie “probleme” met versoeke wat aan die datastoordiens DynamoDB gemaak is.

Bronne: BBC, Euronews, Sky News

Lees ook: CrowdStrike word gedagvaar na internetonderbreking