Lees ook: CrowdStrike-hoof moet verduidelik oor IT-onderbrekings
VSA. – CrowdStrike is deur verskeie van hul eie aandeelhouers en passasiers van vlugte gedagvaar na die internetonderbreking wat verlede maand die wêreld tot stilstand gebring het.
Drie persone wie se vlugte gekanselleer en vertraag is oor CrowdStrike se onderbreking het die maatskappy vir nalatigheid gedagvaar.
Hulle eis dat CrowdStrike moet skadevergoeding betaal aan almal wie se vlugte gekanselleer of uitgestel is oor die wêreldwye onderbreking.
CrowdStrike het in ‘n verklaring gesê die saak het geen meriete nie en hulle sal die maatskappy verdedig.
Delta Airlines het ook gedreig om CrowdStrike te dagvaar na hulle meer as 6 000 vlugte tot die koste van ongeveer $500 m. moes kanselleer.
CrowdStrike se eie aandeelhouers dagvaar hulle ook omdat hulle “bedrieg” is na die maatskappy “weggesteek het hoe onvoldoende hulle sagtewaretoetse is”.
Bronne: NDTV, Cyber Daily, USA Today, TechCentral
Lees ook: CrowdStrike-hoof moet verduidelik oor IT-onderbrekings