Brekende Nuus
Afrikaans

Israel ontvang kis wat glo liggaam van gyselaar bevat

Israel ontvang kis wat glo liggaam van gyselaar bevat
fotokrediet: Canva
Israel ontvang kis wat glo liggaam van gyselaar bevat fotokrediet: Canva

GASA. – Die Israeliese weermag het deur middel van die Rooikruis gister ‘n kis ontvang wat volgens Hamas die liggaam bevat van een van die laaste drie gyselaars wat steeds in Gasa was.

Lees ook: Families van gyselaars betoog in Israel

Die liggaam is na die nasionale sentrum van forensiese medisyne in Tel Aviv vir identifikasie geneem.

Volgens Hamas en die Palestynse Islamitiese Djihad is die liggaam van ‘n Israeliese gyselaar Maandag in Sentraal-Gasa gevind.

Die kantoor van die Israeliese eerste minister, Benjamin Netanyahu, het gewaarsku hulle sien “die vertraging in ‘n onmiddelike oorhandiging” van die liggaam as ‘n “verdere oortreding” van die skietstilstandooreenkoms.

Bronne: BBC, Ground News, New York Times

Lees ook: Families van gyselaars betoog in Israel