Brekende Nuus
Afrikaans

Kyk: Hond na dae uit sinkgat gered

'n Hond wat minstens vyf dae in 'n sinkgat deurgebring het, is deur 'n reaksiebeampte gered.

Hond na dae uit sinkgat gered
Foto: Reaction Unit South Africa

KWAZULU-NATAL. – ‘n Hond is na minstens vyf dae uit ‘n sinkgat naby Tongaat-tolplaza op die N2 gered.

Beamptes van Reaction Unit South Africa het ‘n veld deursoek en op ‘n sinkgat met die hond binne-in afgekom. Die sinkgat was ongeveer 1.5 meter diep. Die reaksiebeampte het ‘n leer gebruik om die hond uit die gat te red.

Werknemers van die tolhek het die hond sedert Saterdag hoor blaf, maar kon haar nie opspoor nie.

Die hond is na die hoofkantoor van Reaction Unit South Africa geneem waar sy van ‘n maaltyd en ‘n hok om in te rus, voorsien is.

Bron: Reaction Unit South Africa