WES-KAAP. – ‘n Kluis met gewere is Woensdag deur polisielede van Maitland-blitspatrollie gevind waar dit tussen huise in die informele nedersetting Malawikamp in Ravensmead gelê het.
Volgens sers. Wesley Twigg het die lede inligting oor die kluis ontvang en daarna per voetpatrollie op die kluis met drie gewere binne-in afgekom .
Met verdere ondersoek is gevind die kluis kom van ‘n huis in Vredehoek waarby ingebreek was terwyl die inwoners met vakansie was.
Die vuurwapens is vir veilige bewaring by Ravensmead-polisiestasie ingegee.
Omstandighede van die insident word ondersoek.
Bron: SAPD
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: