Brekende Nuus
Afrikaans

Pa skiet sy drie kinders, toe homself in kerk

Die polisie is nie op soek na enige ander verdagtes in die saak nie.

Pa skiet sy drie kinders, toe homself in kerk
Pa skiet sy drie kinders, toe homself in kerk

’n Pa het Maandag drie van sy eie kinders geskiet voor hy die wapen op homself gerig het en sy eie lewe geneem het.

’n Vyfde persoon, wat ook in die skietery in Sacramento in Kalifornië dood is, se dood kon nog nie aan die pa verbind word nie.

Sers. Rod Grassman het aan verslaggewers gesê al drie kinders was onder die ouderdom van 15 jaar.

“Om 17:07 vanmiddag het ons ’n oproep ontvang oor ’n skietery binne-in ’n kerk,” het hy gesê. “’n Volwasse man het sy drie kinders onder die ouderdom van 15 jaar oud doodgeskiet.”

Die polisie is nie op soek na enige ander verdagtes in die saak nie. -NDTV

Volg FiND iT hier op Facebook.

Lees ook: Ashley Oosthuizen in aanmerking vir kwytskelding