Brekende Nuus
Afrikaans

Dobbelaar verloor hofsaak teen casino nadat hy R5,2 m blaas

Essack het aangevoer dat Sun International hom moes verhoed het om die casino te betree omdat hy op die "verbode lys" van alle dobbelentiteite in Gauteng en nasionaal is.

Dobbelaar verloor hofsaak teen casino nadat hy R5,2 miljoen geblaas het
Dobbelaar verloor hofsaak teen casino nadat hy R5,2 miljoen geblaas het foto: MSN

Dit lyk of daar niks te wen is nie vir ‘n Gautengse dobbelaar wat Sun City hof toe geneem het nadat hy R5,2 miljoen verloor het by die casino wat in die Noordwes-provinsie geleë is.

Suhail Essack, ‘n sakeman wat sedert 2017 op sy eie versoek van alle dobbelondernemings uitgesluit is, het aan die Gautengse hooggeregshof gesê die casino was nalatig deur hom op sy perseel toe te laat.

Volgens IOL het Essack geld verloor wat aan sy vrou behoort het toe hy by Sun City gedobbel het. In ‘n poging om die geld terug te kry, het hy die casino gedagvaar.

Essack het aangevoer Sun International moes hom verhoed het om die casino te betree omdat hy op die “verbode lys” van alle dobbelentiteite in Gauteng sowel as nasionaal is.

Volgens artikel 14 van die Nasionale Dobbelwet word individue toegelaat om hulself te registreer vir uitsluiting van sulke aktiwiteite. Dit kan deur ‘n hofaansoek gedoen word.

Gevolglik het die Nasionale Dobbelraad ‘n mandaat om ‘n nasionale register van uitgeslote persone daar te stel en in stand te hou.

Die sakeman se hofstukke het gesê Sun City is aan hom ‘n “versorgingsplig verskuldig om te verseker dat hy nie toegang tot sy casino kry vir doeleindes om aan dobbelaktiwiteite deel te neem nie”.

Hy het verder aangevoer dat die casino hom toegelaat het om sy vrou se bankkaart te gebruik ondanks die wete dat dit nie syne was nie.

Die hof het egter verlede week ten gunste van Sun City-casino beslis.

Bronne: MSN, The World News

Volg FiND iT se Facebookblad hier en klik hier om ons app af te laai. Klik hier vir vandag se nuutste nuus.

Lees ook: UK oorweeg dit om SA R15 biljoen te gee om beurtkrag te help verlig