GAUTENG. – Twee buitelanders in hul laat 30’s is Woensdag in Erasmia in hegtenis geneem, nadat ’n dwelmlaboratorium op ’n kleinhoewe ontdek is.
Lt.kol. Christopher Singo, Valke-woordvoerder, sê die verdagtes is tydens ’n gesamentlike operasie in hegtenis geneem. Inligting is ondersoek oor ’n laboratorium waar daar na bewering onwettige dwelms vervaardig word. Ondersoekers het Mandrax-tablette met ’n geraamde waarde van R100 miljoen op die perseel ontdek. ’n Tweede, nuwe laboratorium is ook in die gebou gevind, waar die verdagtes glo op die punt was om kristalmetamfetamien (crystal meth) te vervaardig.
Die twee verdagtes sal na verwagting Vrydag in die Pretoria-landdroshof voorkom.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: