Brekende Nuus
Nuus

PAS BEKEND: 5 mense oorboord 47 seemyl van Mosselbaai

Foto: PetroSA

WES-KAAP. – ’n Soek-en-reddingsoperasie is aan die gang nadat vyf mense sowat 47 seemyl van Mosselbaai af in die see beland het.

‘n Betroubare bron het aan Nuusflits gesê die voorval het in die omgewing van die Petro SA Platform gebeur en dat drie persone, wat vermoedelik dood is, uit die water gehaal is. Volgens die Suid-Afrikaanse Maritieme Veiligheidsowerheid (SAMSA) is die voorval by die Maritieme Reddingskoördineringsentrum (MRCC) Suid-Afrika aangemeld, waarna die sentrum die soek-en-reddingsreaksie geaktiveer en besig is om dit te koördineer.

SAMSA kan hangende die voortgesette soektog nie verdere besonderhede oor die omstandighede bekend maak nie en sê verdere inligting sal bekend gemaak word sodra dit geverifieer is.