GAUTENG. – Drie vermeende transitorowers is vanmiddag (Vrydag) tydens ’n skietery met die polisie langs die N12-hoofweg naby die Kliprivier-afrit dood. Gewere is op die toneel teruggevind.
Kol. Dimakatso Nevhuhulwi, polisiewoordvoerder, sê lt.genl. Tommy Mthombeni, provinsiale polisiekommissaris, is op die aktiewe misdaadtoneel teenwoordig. Verdere besonderhede oor die voorval is nog nie bekend gemaak nie.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: