Brekende Nuus
Nuus

Polisie vra hulp om vermiste 14-jarige op te spoor

Vermis
Vermis

OOS-KAAP. – Die Walmer-polisie en die eenheid vir gesinsgeweld, kinderbeskerming en seksuele misdrywe (GKS) vra die publiek se hulp om ‘n 14-jarige tiener wat op 8 Oktober omstreeks 18:00 laas gesien is, op te spoor.

Kapt. Sandra Janse van Rensburg, polisiewoordvoerder, sê Allegra Styles was in ‘n roomkleurige bostuk en blou denimbroek geklee. ’n Familielid het haar op 10 Oktober as vermis aangemeld nadat sy glo ná ’n beweerde rusie met haar kêrel na ’n partytjie in Kamma Park gegaan het. Allegra en haar kêrel is sedertdien nie weer gesien nie. Die polisie het reeds verskeie adresse besoek en mense gekontak wat Allegra ken, maar kon haar nog nie opspoor nie.

Enigiemand met inligting wat kan help, kan lt.kol. Plaatjies by 071 352 4542 bel.