Brekende Nuus
Nuus

Drielingmeisies verwelkom by Life Hilton Private Hospitaal

Foto: Life Hilton Private Hospitaal

KWAZULU-NATAL. – Jessica en Byron van den Aardweg het drie dogtertjies – Anna Rose, Scarlet Lia en Harley Grace –  verwelkom. Die babas is op 36 weke en ‘n dag by Life Hilton-  private hospitaal gebore. 

Volgens die hospitaal is Anna Rose en Scarlet Lia ‘n identiese tweeling wat ’n plasenta gedeel het, terwyl Harley Grace nie identies aan hulle is nie. Dr. Carlos Navarro het die geboorte behartig, met hulp van dr. Andrea Russell en gespesialiseerde sorg deur dr. Sharmanie Naidu en die kraam- en neonatale intensiewesorgeenhede se spanne. 

Slegs Scarlet Lia het intensiewe sorg benodig en is eers ná vyf dae huis toe. Die gesin se oudste dogtertjie, Abbaye May, is in 2024 by dieselfde hospitaal gebore.