Brekende Nuus
Nuus

6-jarige verskeie kere gesteek

Foto: Ter illustrasie

KWAZULU-NATAL. – ’n 6-jarige meisie is Dinsdagoggend verskeie kere in ’n klaskamer by ’n plaaslike kerk in Umhlali met ‘n skerp voorwerp gesteek. Sy is in ’n kritieke toestand en is onder die sorg van paramedici na ’n spesialisfasiliteit vervoer.

Samantha Meyrick van IPSS Medical Rescue sê die diens se gevorderde lewensondersteuningsparamedici het die meisie behandel en vervoer. 

Die verdagte is op die toneel in hegtenis geneem. Volgens IPSS is die verdagte na bewering ook betrokke by vorige voorvalle waarby veiligheidsbeamptes en ’n bomdreigement by plaaslike winkelsentrums betrokke was.