Die koronasyfer in Suid-Afrika het sedert die laaste aankondiging met meer as 8 000 gevalle meer geword. Daar is nou in totaal 511 485 positiewe gevalle aangemeld.
Dr. Zwelini Mkhize, minister van gesondheid, het bekendgemaak die nuwe sterftesyfer is 8 366.
Intussen is 347 227 persone van die virus genees. 3 036 779 toetse is in totaal gedoen.





