KAAPSTAD. – Sonia Cabano, die bekende sjef en kosskrywer, se liggaam is Maandag in haar huis in Kaapstad gekry.
Die oorsaak van Cabano (57) se dood was nie dadelik bekend nie.
Cabano was die skrywer van vier kookboeke en ook die aanbieder van die kykNET-program Pampoen tot Perlemoen.
Huldeblyke stroom in vir haar op sosiale media.





