Brekende Nuus
Nuus

Aanval met pitbulls en klippe tydens sloping van onwettige strukture in Stellenbosch

Foto: Ter illustrasie

WES-KAAP. – ’n Span wetstoepassers en die Red Ants is na bewering deur ’n groep van sowat 20 mense aangeval tydens die sloping van onwettige strukture by MTO Forestry in Jonkershoekweg. Honde is glo op die span losgelaat terwyl mense klippe na hulle gegooi het.

Die Stellenbosch-munisipaliteit sê pepersproei, skokgranate en rubberkoeëls is gebruik nadat die situasie gewelddadig geraak het. Volgens die munisipaliteit is die operasie volgens standaardprosedures uitgevoer. 

Twee persone is glo na ’n nabygeleë woning om pitbull-honde te gaan haal wat op die span losgelaat is, terwyl ander klippe na die wetstoepassers en personeel gegooi het. Die munisipaliteit sê die span het onder verdere klipaanvalle uit die gebied teruggetrek, maar daarin geslaag om veilig weg te kom.

Die munisipaliteit het bygevoeg dat hy binne die wet sal optree en sal voortgaan om wetgewing en toepaslike prosedures konsekwent toe te pas.