GAUTENG. – Kéan Botha, ’n graad 12-leerling aan Afrikaans Hoër Seunskool (Affies), is Sondag, ’n dag ná sy 18de verjaardag, oorlede ná ‘n stryd teen kanker.
Affies het sy dood bevestig en simpatie met sy familie en vriende betuig. Volgens die skool was Kéan ’n kranige hokkiespeler wat vir die skool se eerste span gespeel het. Hy is in 2025 as die skool se belowendste speler aangewys. Die skool het gesê daar word vir die Here se vertroosting vir die familie in hierdie moeilike tyd gebid.
Kry jou nuutste nuus elke oggend per e-pos. Teken hier aan: