Affies rou oor dood van matriekleerling

Lees ook :

Foto's: Affies en SkoleRugby

PRETORIA. – Ruben Bezuidenhout, ‘n matriekleerling van Afrikaans Hoër Seunskool, het ná ’n stryd teen kanker gesterf. Medelye stroom in, veral van skole regdeur die land.

Affies het hulde gebring aan Ruben en sê hy is gedurende Desember 2025 met ’n aggressiewe breingewas gediagnoseer. Ondanks sy siekte het hy volgens die skool ’n voorbeeld van deursettingsvermoë gebly. Alhoewel hy nie fisies sy matriekjaar by die skool kon voltooi nie, sê die skool hy het in die gees deel gebly van die Affies-gemeenskap en tot die einde vol moed vasgebyt.

SkoleRugby het ‘n foto geplaas van ‘n oomblik van stilte wat vir die afsterwe van Ruben gehandhaaf is.

Affies se plasing lees: “IN MEMORIAM – Dit is met leedwese wat ons verneem het van die afsterwe van Ruben Bezuidenhout in matriek. Ruben is in Desember 2025 met ‘n baie aggressiewe breingewas gediagnoseer. Ruben was ‘n passievolle atleet en het kort voor sy diagnose ook sy slag in die bokskryt begin wys. Al kon hy nie fisies in die skoolbanke sit tydens sy matriekjaar nie, het hy in gees ‘n ware Affie gebly – iemand wat met waagmoed tot die einde vasgebyt het. Affies betuig sy innige simpatie aan Ruben se ouers, familie en sy vriende.”

Nuusflits.com moedig gesonde debat en vrye meningsuiting aan, maar behou die reg voor om enige kommentaar te verwyder wat haatspraak, laster, persoonlike aanvalle, diskriminasie, vulgêre taal of enige vorm van onwettige, beledigende of onvanpaste inhoud bevat.

Die menings en uitsprake in die kommentaar-afdeling is dié van die individuele skrywers en verteenwoordig nie die standpunte van Nuusflits.com nie.

Deur kommentaar te plaas, aanvaar gebruikers volle verantwoordelikheid vir die inhoud daarvan.

Leave a Reply

Your email address will not be published. Required fields are marked *

Detecting your platform...

Klik hier om ons toep af te laai Nuusflits App

Teken in op ons nuusbrief