AfriForum se privaatvervolgingseenheid sê die nasionale vervolgingsgesag (NVG) se besluit om nie vir Fikile Mbalula, die ANC se sekretaris-generaal, vir korrupsie te vervolg nie, is óf selektief óf ’n teken van onbevoegdheid. Mbalula het gedurende 2016 ‘n vakansie na Dubai van sowat R680 000 onderneem.
Barry Bateman, woordvoerder van diew Afriforum-privaatvervoelgingseenheid, sê in ‘n verklaring die saak hou met die vakansie verband, wat gedeeltelik deur Yusuf Dockrat, die Sedgars Sport-direkteur, betaal is. AfriForum meen daar is genoeg bewyse om Mbalula en moontlik ander van korrupsie en geldwassery aan te kla.
Volgens adv. Gerrie Nel, hoof van die eenheid, het die NVG en die polisie versuim om die herkoms van groot kontantbedrae te ondersoek wat gebruik is om vir Mbalula se reis te betaal. Hy sê die bewering dat dit bloot ’n “lening” was, is onaanvaarbaar en val binne die definisie van korrupsie ingevolge die Precca-wet. Bateman sê Mbalula het eers die geld terugbetaal nadat die media vrae begin vra het.
Druk hier om meer te lees.
Fikile Mbalula, die sekretaris-generaal van die ANC, het Sondag sterk op AfriForum se verklaring reageer en dit ‘n “senasionele veldtog” genoem. Hy beskryf dit as AfriForum se poging om “’n geslote saak te heropen” deur middel van media-lekkasies en “’n sensasionele veldtog.”
In ’n verklaring sê Mbalula hy neem kennis van die organisasie se jongste pogings om “’n aangeleentheid wat lankal deur bevoegde owerhede ondersoek en afgehandel is” weer op te rakel.
Hy beklemtoon dat die Nasionale Vervolgingsgesag (NVG), die Parlementêre Etiekkomitee, die Suid-Afrikaanse Polisiediens en selfs die Openbare Beskermer almal die saak ondersoek en afgehandel het.
